Ronnie Grace se 1958 Pontiac het die beoordelaars beïndruk en hy het met die tweede prys weggestap.


Blink gevryf en reg vir die pad.

Veteraanmotorliefhebbers het Saterdag 16 Desember aan die jaarlikse veteraanmotor­k­om­petisie in Laaiplek deelgeneem.

Nege manne het Saterdag hul spogmotors uitgestal en meegeding vir twee wisseltrofees.

Deelnemers is almal deel van die plaaslike Ou Manne Saamryers-klub.

Die wenner van die Veterane Trofee was Hentie Koen wat met die eerste prys weggeloop het.

Koen se Chrysler New Yorker was die topmotor van die dag.

Die Klassieke Kar-trofee het aan Ronnie Grace met sy 1958 Pontiac gegaan terwyl André Eigelaar se 1967 Wolseley die derde plek opgeraap het.

Die organiseerders van die jaarlikse veteraanmotor­k­om­petisie was Maureen Denton, Brenda Coetzee, Nico Haupt en Gideon Fourie was die seremonie­meester vir die geleentheid.

Die span bedank al die borge wat die geleentheid moontlik gemaak het sowel as die Bergrivier-verkeersbeamptes wat op die dag die konvooi bygestaan het.

’n Spesiale dankie ook aan Weskus Helpers se Jenny Moors.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 February 2026
    Weslander E-Edition – 12 February 2026

Gift this article