Die gesteelde eiedom wat teruggekry is.

Die alarm van ‘n sakeperseel in Platinumstraat, Saldanha, het tussen Donderdagmiddag en Vrydagoggend (21 en 22 Augustus) afgegaan. Volgens kapt. Tania Helfrich, die distrikswoordvoerder vir die Weskus-polisie, het die 54-jarige eienaar ondersoek gaan instel en gevind dat die deure oopgedwing is.

Gereedslap, ‘n televisiestel en ‘n mikrogolfoond is gesteel.

Die Saldanha-polisie het omstreeks 02:30 ‘n verdagte swart Mazda 3 in Saldanhaweg voorgekeer en die gesteelde goedere in die besit van vyf mans gevind. Hulle sal vandeesweek in die Vredenburg-landdroshof verskyn.

Die motor waarin die verdagtes saam met die gesteelde goedere vasgetrek is.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article