Leer jou kind om die pad veilig oor te steek.


Padongelukke is een van die grootste oorsake van dood onder kinders in Suid-Afrika, hetsy in voertuie of as voetgangers.

Maar kenners sê baie kan gedoen word, soos om kinders vas te gordel en dronkbestuurders van die pad af te hou.

Volgens die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) het 1 017 kinders weens padongelukke in Suid-Afrika in 2019 gesterf, en 45 000 kinders is in dieselfde jaar weens beserings wat in botsings opgedoen is, is in hospitale opgeneem.

Des Paton, provinsiale verkeershoof vir die Weskus, sê dit is hoog tyd dat weer daadwerklik gefokus word op die veiligheid van die gebied se jongste en mees kwesbare padgebruikers.

Hy sê dis belangrik dat ouers en onderwysers hul kinders die basiese padveiligheidsreëls leer sodat hulle paaie veilig kan oorsteek en verstaan waarom hulle hulself moet vasgordel.

Paton doen daarmee ook ’n ernstige beroep op motoriste om meer verantwoordelik op die Weskus se paaie te bestuur.

“Al het jy nie kinders in jou voertuig nie, kan jou roekelose en nalatige bestuur tot ’n botsing lei wat ’n kind se lewe in ’n ander voertuig kan eis.”

En oor sy veroordeling van dronkbestuur kan Paton nie uitgepraat raak nie.

“Daar is geen verskoning daarvoor nie,” sê hy.

Padveiligheidswenke vir kinders:

(Verskaf deur die provinsiale departement van vervoer)

By die bushalte. Loop, moenie na die bushalte hardloop nie.. Moenie ander stoot of stamp wanneer die bus aankom nie.. Wag totdat die bus heeltemal stop voordat jy na die deur toe beweeg.. Verlaat die huis vroegtydig sodat jy genoeg tyd het om by die bushalte te kom, want baie ongelukke gebeur dikwels wanneer mense laat is.

Busry. Klim op ’n ordelike wyse in die bus.. Neem jou sitplek op die bus en bly sit terwyl die bus beweeg. . Dra asseblief sitplekgordels indien dit beskikbaar is.. Maak seker dat jou skooltas nie die gang of nooduitgange versper nie. . Hou jou voete plant voor jou op die vloer.. Moet nooit met die nooduitgange speel nie.. Volg die bestuurder se instruksies in ’n noodgeval.

Wanneer jy die pad oorsteek. Staan terug van die randsteen of rand van die sypaadjie af.. Kyk regs, links en dan weer regs.. Luister vir voertuie wat aankom.. Vra jouself af: “Is dit veilig om die pad oor te steek of nie?”. Wag totdat daar ’n veilige pouse tussen verkeer is en steek dan die pad oor.. Onthou: Stop, kyk, luister en dink.. Stop en dink voordat jy blindelings agter ’n motor verbystap. Kan die bestuurder jou sien? Is die motor aangeskakel? Maak seker die bestuurder is nie van plan om agteruit te ry terwyl jy agter die voertuig verbyloop nie.

Padveiligheidswenke vir ouers:

(Verskaf deur die provinsiale departement van vervoer). Alle kinders onder die ouderdom van drie jaar moet in ’n karstoeltjie vasgegordel word.. Verminder altyd jou spoed na60 km/h wanneer jy naby ’n skool is en kyk uit vir kinders.. Bestuur verantwoordelik en moet nooit onder die invloed van alkohol agter die stuur inskuif nie.. Leer ook jou kinders om nooit die bestuurder se aandag onnodig af te trek nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article