‘n Verdagte in die Sherman Williams-moord is in hegtenis geneem.

Volgens die polisie het die verdagte, Geraldo Snyders (25), vir die eerste keer op Woensdag 21 Januarie in die Vredenburg-landdroshof verskyn vir die moord.

Williams (29) is op Woensdag 14 Januarie omstreeks 21:25 koelbloedig in Boomstraat, Louwville, vermoor. Hy het in sy motor gesit toe dit gebeur het.

Volgens die polisie het drie mans, wie se gesigte na bewering bedek was, Williams in die voertuig genader en verskeie skote op hom afgevuur voordat hulle te voet van die toneel gevlug het.

Williams is deur ‘n vriend na die Vredenburg Provinsiale Hospitaal gejaag waar hy aan sy wonde beswyk het.

Die saak is tot Dinsdag 10 Maart uitgestel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article