Bergrivier Toerisme het verlede Saterdag (2 Augustus) ‘n Vroueoggend by Russells on the Port in Port Owen, Velddrif aangebied. Altesaam 54 gaste het die geleentheid bygewoon.
Volgens Chevon Ellis, bestuurder van Velddrif Toerisme, het almal die dag vreeslik geniet. Die vroue het die geleentheid gehad om hul eie tafels te dek en daar was gelukstrekkings op die spel. Sanché Nel, ‘n kliniese sielkundige, was die gasspreker en een van dien dag se vele hoogtepunte.









