Die Velddrif-krieketklub in samewerking met Velddrif Youth Cafe en Mfesane hou Saterdag (25 Februarie) tussen 09:00 en 12:00 ’n krieket-kliniek uitsluitlik vir die skoner geslag. Meisies en vroue van 13 jaar en ouer word genooi om die dag saam met die klub te kom geniet. Die tema is “Give Cricket a Go”.

Alle belangstellendes kan van 08:30 af by die Smitpark-sportterrein in Velddrif vir registrasie aanmeld. Daar is geen kostes aan verbode nie.

Elke speler sal ’n waardigheidspakkie en iets te ete na afloop van die kliniek ontvang.

Die huidige SA veteranespeler en oud-Boland-krieketspeler James Albanie sal sy krieketkennis met die vroue kom deel. . Kontak Melvin de Bruyn, by 083 756 2271 vir enige verdere navrae.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article