Die veldblomme is in volle blom aan die Weskus, met ’n rekordgetal besoekers wat reeds na die Weskus Nasionale Park stroom om dit te aanskou. Volgens Charlene Adams, park­bestuurder, is daar reeds 18 085 besoekers van 1 tot 21 Augustus deur die park se hekke. Adams sê die syfer is aansienlik hoër as in die vorige jaar dieselfde tydperk. “Dit kan toegeskryf word aan ’n vroeër blomseisoen en die feit dat daar baie meer blomme is as verlede jaar. Dit kan weer aan die goeie reënval toegeskryf word.”Foto: Weskus Nasionale Park


Veldblomme en fynbos

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article