Die gemeente van die Volle Evangelie Kerk (VEK) in Vredenburg het vandeesmaand ’n jubileumviering met sy 50ste bestaansjaar.
Die kerk en gemeente se ryk geskiedenis is op verskeie maniere gevier. ’n Deel hiervan was ’n staptog Woensdag 18 Oktober van die huis waar eers kerk gehou is voordat die huidige kerkgebou die gemeente se tuiste geword het.
Die hoogtepunt van die vieringe was Sondag (22 Oktober) met ’n diens wat deur die streekopsiener, biskop Graham Taft van die VEK se Weskus-streek, waargeneem is.
Afgestorwe en oorlewende stigterslede van die plaaslike kerk is vir hul onbaatsugtige diens vir die werk van die Here vereer. Erkenning is ook gegee aan alle pastore wat herders van die bediening was, onder wie pastore Sheriff van der Merwe, Jan Meyer, Deon Kortje en Emmanuel de Bruyn.
Die geleentheid is met ’n ete afgesluit.





