Ná Francois van Coke se uitverkoopte akoestiese vertoning by Kapstadt Brauhaus Langebaan is hy terug met nog ’n opwindende vertoning. Francois se treffende akoestiese vertonings is iets baie spesiaal. Hy en sy kitaarspeler, Richard Onraet, voer ’n versameling liedjies van sy solo-albums op, insluitend “Dagdrome in suburbia”, “Toe vind ek jou” en “Dit raak beter”. Aanhangers kan ook uitsien na Van Coke Kartel- en Fokofpolisiekar- treffers, ’n cover-weergawe of twee, en nuwe liedjies van die 2022 Kanniedood-album en 2023 se En Vriende-EP. Die optrede vind Woensdag 14 November om 20:45 plaas. Bespreek by www.quicket.co.za


Van Coke terug in Langebaan

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article