Die UNI Youth With Consciousness- teatergroep van Piketberg het onlangs groot lof tydens die departement van sport en kultuur (DCAS) se Drama Festival Finals 2026 ontvang.
Hulle is onder die topdriegroepe uit 12 vir beste ensemble benoem. Die groep het ook die gesogte toekenning vir die beste draaiboek vir hul indrukwekkende produksie, Route2Roots, verower. Die produksie beeld die lewe, nalatenskap en nagedagtenis van die geliefde kunstenaar Tyron Zoutman uit.
“Die produksie het gehore diep geraak met sy eerlike uitbeelding van gemeenskapswortels, kreatiewe drome en die krag van jeug in die kunste,” het Chantal Booyse, die draaiboekskrywer, gesê.
“Hierdie prestasie bevestig UNI se rol as ‘n belangrike platform vir jong talent in die Bergrivier-streek.”





