Mishca Mostert (links) en Luscké Maree, leerders aan die Hoërskool Piketberg, gaan later vanjaar hul skool en Suid-Afrika op Travel and Sport se akademiese toer na die Verenigde Koninkryk en Ierland verteenwoordig. Hierdie opwindende geleentheid bring leerders van verskeie skole oor die land heen bymekaar vir ‘n internasionale leerervaring van wêreldgehalte. Maree en Mostert sal nie net die ryke geskiedenis en kultuur van hierdie lande verken nie, maar ook hul akademiese horisonne verbreed deur blootstelling aan internasionale onderwyspraktyke en histories belangrike plekke. Die skool is ongelooflik trots op hierdie prestasie en wens hulle alles van die beste toe vir die avontuur wat voorlê.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article