Een van die beste maniere om op warm dae af te koel, is met roomys. Probeer dié resepte vir tuisgemaakte roomys:

Roomys vir diabete

Klits 1 blikkie yskoue Lite Ideal melk. Voeg by 1 teelepel gelatine, geweek in 1 eetlepel koue water, geroer by ’n driekwart koppie kookwater. Voeg ’n halwe koppie versoeter lepel vir lepel by terwyl jy die mengsel klits.

Voeg 1 teelepel vanieljegeursel by en klits goed deur.

Skep in plastiekbak met deksel, klits ná 45 minute weer deur, vries weer vir nog twee uur en klits weer goed deur.

Bêre in die vrieskas totdat dit hard gevries is. Voeg vars vrugte, soos enige bessies, by en meng.. Mense met enige soort diabetes wat resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen.

Vanielje- suikervrye roomys

6 eiers, geskei

500 ml vars room

4 eetlepels xylitol

2 teelepels vanielje essens

Meng die eiergele en vanielje goed saam. Klop die room en xylitol tot styf. Klop die eierwitte tot styf. Vou die geklopte room in die eierwit. Vou die eiergele nou in. Skep in ’n houer met ’n deksel en vries (verkieslik oornag).

Jy kan ook gekapte neute of sjokolade invou.. Bron: http://www.foodloversrecipes.com

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article