Total Energies het Saterdag 6 Mei rugbytoerusting en rugbyklere aan die Steenberg’s Cove-rugbyklub oorhandig. Eduard Groenewald, die gesondheid-, veiligheid- en omgewingbestuurder van Total Energies, het vertel hoe dit voel om ’n verskil te kan maak en dat hulle kon deel wees van die dag. André Truter, die burgemeester van die Saldanhabaai-munisipaliteit, het die spelers bemoedig en herinner om groot te droom en te besef hulle kan enigiets bereik. Total Energies het 80 sweetpakke, rugbytoerusting vir oefening, ’n Total-beker en 80 medaljes aan die span oorhandig. Jerome Lewis, die ondervoorsitter van die Steenberg’s Cove-rugbyklub, het die span se droom en visie vir die toekoms gedeel en Total Energies vir die oorhandiging bedank. Foto: Noluvu Ludidi


Total Energies steek die hand uit na Steenberg’s Cove

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article