Juwayne Prins, ’n flank van Tigers, bars deur die verdediging van Steenberg’s Cove.

Tiere slaan tande in teen Cove


Saldanha Tigers het Saterdag (15 Februarie) in ’n vriendskaplike wedstryd op Diazpark besoek van die Steenberg’s Cove-rugbyklub ontvang.

Die Tiere het gegrom en tande gewys en bewys hulle is stadig maar seker besig om reg te kom vir die ligawedstryde wat Saterdag 8 Maart begin.

Die Tiere het die manne van die Cove met 38 punte (ses drieë) teenoor 26 (vier drieë) geklop.

Die Saldanha Tigers se B-span het Steenberg’s Cove se B’s 21-13 geklop.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 18 June 2026
    Weslander E-Edition – 18 June 2026

Gift this article