Veldbrande word al hoe meer gesien in die Weskus.

Veldbrande kom al hoe meer in die Weskus voor. Die afgelope naweek het twee afsonderlike brande plaasgevind.

Een op Saterdag 7 Februarie in Laingville en een Sondag in die Yskor-woonbuurt in Louwville, Vredenburg.

Volgens Tereza Burger, woordvoerder van die Saldanhabaai-munisipaliteit, sien munisipale brand- en reddingsdienste sedert November 2025 ‘n skerp toename in plantegroei-, vullis-en afvalhouerbrande.

“Hierdie toename stem ooreen met die seisoenale tendense wat ná die begin van die brandseisoen in Desember elke jaar deur brandweerdienste reg oor die provinsie waargeneem word.

“Daar moet ook opgemerk word dat plantegroeibrande, wat in die nasionale statistiek as gras- en bosbrande geklassifiseer word, dwarsdeur die jaar voorkom, met hul intensiteit en erns wat deur die huidige droë en winderige toestande vererger word.”

Oor die veldbrande die afgelope naweek, sê Burger dat die oorsaak van die brande nie aan brandstigting alleenlik toegeskryf kan word nie.

Brandvoorvalle vir Desember 2025 en Januarie 2026:

◘ Gras en bosse: 44 in 2025 en 34 in 2026;

◘ Rommel: 13 in 2025, 22 in 2026; en

◘ Vullisdromme: 3 in 2025, 2 in 2026.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article