Velddrif Animal Care het Donderdag 26 Oktober ’n sterilisasie-geleentheid vir honde in Noordhoek gehou.
Elmaré Erasmus van Velddrif Animal Care vertel hulle pak een keer per jaar ’n groot sterilisasie-veldtog aan, bykomend tot die sterilisasies wat hulle elke twee maande uitvoer. Donderdag is 31 honde gesteriliseer, waaronder 23 wyfie- en agt reunhonde.
Volgens Erasmus is sterilisasie baie belangrik en voorkom dit siektes by honde, soos byvoorbeeld prostaatkanker, testikulêre kanker, baarmoederinfeksie en meer.
Sy sê dit voorkom ook bakleiery onder reunhonde en beperk die onbeplande aanteling van babahondjies.
Velddrif Animal Care het die publiek, skenkers en elke ander individu of organisasie vir hul hulp en bystand met die sterilisasie-veldtog bedank.




