Saldanha se Tafelronde 226 het Sondag 10 April besluit om die gemeenskap bietjie te bederf en vir kinders Paaseiers uit te deel. Die groep het begin by Huis Hadassa, wat hawelose en mishandelde kinders huisves en na hulle omsien. Henkie van Vuuren van Tafelronde 226 sê dit was vir hulle as organisasie ’n groot blydskap om te sien hoe die kinders glimlag toe die Paashaas daar instap en vir hulle Paaseiers uitdeel. Daarna het hulle deur Vredenburg gery en waar hulle ’n kind gesien het, het die Paashaas en die plaas-haas vir hulle Paaseiers uit gedeel.


Tafelronde deel Paaseiers uit

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article