Trevor Lakey van die Saldanha-buurtwag oorhandig die skenking aan Dina Adams, die voorsitter van die Tabakbaai-buurtwag.


’n Saamstaan-kultuur is vinnig besig om in Saldanha te vorm.

Kapt. Tania Helfrich, ’n polisiewoordvoerder van die Weskus-distrik, sê dis ’n riem onder die hart om te sien hoe die Saldanha-gemeenskap, plaaslike sakelui, liefdadigheidsorganisasies, buurtwagte en veiligheidsmaatskappye saamstaan om van Saldanha ’n veiliger dorp vir alle inwoners te help maak.

Die goed gevestigte Saldanha-buurtwag help ook graag die dorp se ander opkomende buurtwagte in ’n poging om buurtwag-vrywilligers te bemagtig om hul gebiede op die beste wyse moontlik te bedien.

Onlangs het die Saldanhabaai-buurtwag weer patrolliefietse aan die Tabakbaai-buurtwag geskenk.

Koffie, melk en suiker is ook geskenk sodat vrywilligers, wat snags patrolliediens doen, op en wakker vir hul skof kan wees.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article