Horentia Cornelissen is ’n Mev. Heelal Suid-Afrika-semifinalis.


Om deel te wees van Mev. Heelal Suid-Afrika-kompetisie is ’n droom wat waar geword het vir Horentia Cornelissen.

Dié voormalige Vredenburger is as ’n semifinalis aangewys vir die 2024 Mev. Heelal Suid-Afrika-kompetisie. Vir Cornelissen is dit ’n groot eer om deel te wees van hierdie platform. Cornelissen vertel die rede hoekom sy ingeskryf het, is om ’n verskil te maak en om veranderinge teweeg te bring.

“Ek wil staan as ’n ambassadeur om ’n verskil te maak in hierdie wêreld. Dit is ’n voorreg om saam met ander vroue te staan.”

Cornelissen se liefde vir mode en modelwerk kom al van kleintyd af. Sy het gereeld modeparades gehou, haar eie loopgang aangelê en so het die liefde en passie gegroei.

Buiten die kompetisie wil Cornelissen nog baie bereik, soos om hulp te verleen aan pleegsorghuise en op te staan vir die stryd teen geslagsgebaseerde geweld en hongersnood.

Sy moedig ander vroue aan om in te skryf vir die kompetisie, want elke vrou het haar storie. “Jy is mooi, jy is genoeg en jy kan enige iets in die lewe bekom. Ons as vroue is ’n beeld van God. Dit is die tipe internasionale platform om daardie beeld uit te straal.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article