Gaste genooi vir die jaarlikse produsente-seminaar gesels gesellig na afloop van die geleentheid in die Inteligro-tent.

Die 91ste Swartlandskou is tussen 3 en 6 September met groot sukses in Moorreesburg aangebied. Die skoukantoor sal later vandeesweek die amptelike syfers vir besoekers aan die skou bevestig.

Die SA Vlaamperd-kampioenskap aan die gang by die Swartland-skou.
Skougangers kyk na die kampioenperde tydens die onderskeie kampioenskappe.
‘n Skouganger, Ian Lourens (links), stap saam met die skoupresident, Jacques Bester (regs), tydens die 91ste Swartland-skou in Moorreesburg.
John van Rhyn (12) van Hoekland Herefords berei die beeste voor vir skoutyd.
Skougangers het ‘n geleentheid gekry om die verskillende skaaprasse se wol te voel.
Uitstallers bemark hul produkte by belangstellende skougangers.
Danie van Breda van Janiel Herefords kyk wie van sy beeste volgende aan die beurt is gedurende vanjaar se Swartland Skou.
Een van Jannie du Toit se SA Vleismernino’s van Vlakkerug-boerdery buite Riebeek-Kasteel aan die beurt by vanjaar se Swartland-skou.
Die Weskus-distriksmunisipaliteit het verskeie paneelbesprekings aangebied, waaronder oor veiligheid.
Die SA Vleismerino-kampioenskap het baie aandag – en inskrywings – gelok.
Kassie Carstens, ‘n perdekenner van Wellington, by sy vrou, Lenie, en Elize Otto, wat hulle na vanjaar se Swartland-skou in Moorreesburg geneem het.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article