Die toestand van die Louwville-sportterrein is ’n bron van groot kommer.

Elke jaar in die winter sit hulle met dieselfde probleem soos op die meegaande foto gesien kan word.

Daadwerklik optree word geëis om hierdie soort toestande vir eens en altyd te vermy.

Die atlete moet nou wye draaie om die modderwater, -gate en sand- en gruishope hardloop.

Die sportgemeenskap voel dit is nou genoeg dat hulle so moet aanploeter.

Die amptenare en die raad van die Saldanhabaai-munisipaliteit moet nou wys hulle gee om en in die belang van die gemeenskap en belastingbetalers optree.

Louwville moet en kan nie so afgeskeep word wat die bou van ’n gesonde sportgemeenskap betref nie. Soos dit nou is, skep dit ’n groot gesondheidsrisiko vir almal.

Hierdie toedrag van sake is ook al aan die betrokke amptenaar en raadslid uitgewys en aangemeld.

’n Baie ongelukkige en ontevrede sportgemeenskap van Louwville,

Vredenburg


Sakkie Mentoor,

vredenburg

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article