Ná ’n drie jaar lange “droogte” weens die Covid-19-pandemie, is die organiseerders en borge verheug om aan te kondig dat die SPAR-vroue-uitdaging weer in lewende lywe gehou word.

Die geleentheid vind Sondag 23 April in Kaapstad plaas.

Die stad se vroue sal Suid-Afrika se “mooiste” wedloop met mede-deelnemers in Groenpunt en omgewing kan geniet. Die regstreekse wedloop sal ook ’n virtuele komponent hê, met deelnemers wat kan hardloop, draf of die afstand van hul keuse kan stap – teen hul eie pas.

Die tema vir vanjaar se SPAR- virtuele uitdaging vir vroue is #ItsPersonal, met die onderliggende boodskap van bymekaarkom, saam hardloop en mekaar ondersteun, hoe jy ook al verkies.

Inskrywings is aanlyn oop by www.sparwomensrace.co.za

Dit kos R150 om in te skryf.

Dit sluit ’n toegangspak met ’n SPAR-T-hemp, ’n pet, ’n medalje, ’n tydskrif en lekkernye in – alles in ’n herbruikbare sak verpak.

Die SPAR-vroueuitdaging het nog altyd ’n liefdadigheidsaspek gehad.

SPAR is trots daarop om sy waardes van gesin, passie en entrepreneurskap uit te leef en voel elke meisie het die reg op ’n opvoeding. Vir elke inskrywing sal SPAR ’n pak sanitêre ware skenk, wat via die Petals Project in vennootskap met verskeie liefdadigheidsorganisasies oor die land heen versprei word.

Vanjaar gaan hulle ook aan Operation Smile SA skenk.

Drawwers en stappers help deur hul deelname om kinders wat met ’n gesplete lip en verhemelte gebore is en nie toegang tot mediese behandeling het nie, se lewe te verbeter.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article