’n Lekker dik jas, ’n serp om die nek, ’n mussie op die kop en ’n warm beker koffie in die hand.

Dis gewoonlik die prentjie wat in elkeen van ons se gedagtes voorkom wanneer ons aan die winter dink. Maar terwyl die meeste van ons genoeg warm klere het om die koue te trotseer, is talle ander nie so bevoorreg nie.

Die Weslander-winterprojek hoop om hierdie winter met die hulp van die gemeenskap ’n bietjie verligting te bring. Ons verwelkom dus skenkings van enige nuwe of gebruikte winterbaadjies, warm truie, skoene en komberse wat nog in ’n goeie toestand is, maar te veel plek in die kas opneem. Dit gaan aan behoeftiges geskenk word soos die behoefte opduik, hetsy aan individue of organisasies in nood. Skenkings, vir alle ouderdomme en groottes, kan by Weslander se kantoor by Velddrifweg 26, Vredenburg, afgegee word – Maandae tot Donderdae tussen 08:00 en 16:00 en Vrydae tussen 08:00 en 14:00. Kom ons maak saam ’n verskil.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article