Weslander is opgewonde om ons nuwe advertensieverteenwoordiger, Yvette Smith, te verwelkom en aan die Weskus-gemeenskap bekend te stel. Met ’n pa wat in die weermag was, het Yvette, oorspronklik van die Kaap, eintlik oor die hele Suid-Afrika grootgeword. Sy het 18 jaar ervaring in die koerantbedryf, met ’n hartklop vir gemeenskapskoerante. “Gemeenskapskoerante is my passie. Ek geniet dit om met verskillende mense en met besighede in die gemeenskap te skakel en hul hoogtepunte en ondervindinge te deel. Dit maak die werk betekenisvol.” Dit is juis die gevoel van gemeenskap wat haar tot die Weskus aangetrek het. “[En] die rustigheid”, voeg sy by. Sy som haar kliëntediens in drie woorde op: Effektief, behulpsaam en vriendelik. Kontak Yvette per epos by Yvette.Smith@media24.co.za of skakel haar by 022 713 1297 met navrae oor advertensies.


Smith reg vir Weskus-sake

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article