Een van die hoofdoelstellings van die Vredenburg Oudorp-buurtwag is om veiligheid in hul gemeenskap te handhaaf.
Stiaan Pool, ’n lid van die Oudorp-buurtwag sê die doel van die buurtwag is om misdrywe in die gebied te verminder. Hy meen die buurtwag help ook om die moreel van die gemeenskap op te bou en sodoende leer ken mense hul bure. “Inwoners dra meer kennis oor wat in hul gemeenskap aangaan en so verminder hul ook die kans om slagoffers van misdaad te word,” sê Pool. Die buurtwag doen daaglikse patrollies en daar is altyd plek vir nog lede wat wil aansluit of deel word van die Whatsapp groep. Inwoners wat by die buurtwag wil aansluit, kan Pool by 078 165 2959 bel.



