Sky, die slagoffer, herstel danksy baie liefde en aandag van personeel. Foto: Swartland- en Weskus-DBV

Alida Buckle

Inspekteurs van die Swartland- en Weskus-dierebeskermingseenheid (DBV) is verlede week met ‘n gesig begroet wat hulle moeilik ooit weer uit hul gedagtes gaan kry – dié van ‘n bebloede teefhond wat op bloedbevlekte komberse lê nadat ‘n man van Darling haar verkrag het.

Volgens Louise van Zyl, ‘n DBV-bestuur-

der, het ‘n besorgde lid van die gemeen-

skap die DBV in kennis gestel dat ‘n hond in hul straat erg bloei. “Ons is baie dankbaar vir dié lid van die publiek se vinnige optrede.”

Sky, ‘n saggeaarde twee jaar oue hond, is onmiddellik na die veearts geneem en die veearts van ‘n verkragtingstoets-stel voorsien.

“Die komberse en die verkragtingstoets- stel is saam met alle ander inligting tot ons beskikking aan die Darling-polisie gegee, wat die saak nou verder ondersoek,” het Van Zyl gesê.

Sky, ‘n bruin-en-wit hond, is wreed verkrag.

“Dit is ‘n onuitspreeklike daad.”

Volgens Van Zyl het die veeartsenykundige ondersoek die teenwoordigheid van menslike sperm bevestig en nog fisieke bewyse verkry. “Dit is ‘n ernstige strafregtelike oortreding onder Suid-Afrikaanse wetgewing. Ons sal nie rus totdat die verantwoordelike skuldig bevind is nie.”

‘n Klagte is amptelik by die polisie aangemeld en die inspekteurs werk nou saam met die owerhede om te verseker dat geregtigheid geskied.

“Ons personeel, wat diep omgee vir elke dier, is erg geraak deur hierdie tragiese voorval, maar hulle bly daartoe verbind om hierdie saak tot die einde deur te voer,” het Van Zyl gesê.

Die DBV se boodskap is duidelik: Wreedheid en die seksuele mishandeling van diere sal nie geduld word nie.

Sky vaar baie beter as net ná die verkragting, en begin genees. “Sy is ‘n pragtige hond met baie om te oorkom. Ons is baie lief vir haar,” het Van Zyl gesê.

“Dit was ‘n baie ontstellende situasie vir ons almal as personeel. Ons is daartoe verbind om Sky te help herstel terwyl ons ook ons eie gevoelens oor wat gebeur het, verwerk.”

• Om te help om geregtigheid vir Sky te laat seëvier, samel die DBV geld in vir ‘n belo-

ning vir inligting wat tot die suksesvolle skuldigbevinding van die oortreder lei.

Die Kaap die Goeie Hoop se DBV-voorsitter het persoonlik R10 000 belowe en Van Zyl het self R500 geskenk.

Hulle vra die gemeenskap om te help om dié beloning te laat groei om diegene wat die waarheid weet, te motiveer om na vore te kom.

Stuur e-pos na info@swartlandwestcoastspca.co.za, as jy wil bydra.

Sky by inspekteur Jameson Oktober, een van die personeel wat haar met baie liefde versorg en help om oor die traumatiese gebeure te kom. Foto: Swartland- en Weskus-DBV

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article