Die Weskus-lugskou is vanjaar die tweede keer aangebied. Dit het Saterdag 30 September te midde van groot opgewondenheid by die Saldanha-vliegveld plaasgevind met honderde toeskouers wat hulle reeds vroegoggend in afwagting op die lugskouspel langs die vliegveld tuisgemaak het. Die lugskou het weens gure weersomstandighede effens later begin, maar toe weersomstandighede later die oggend verbeter en die groen lig gegee is vir vliegtuie om op te styg, het dit weer eens nie teleurgestel nie. Bo is die waaghals Dave Mandel in aksie in sy L39 Albatros-straalvliegtuig.Foto: Bernard Voges


Skouspel in die lug lok honderde

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article