JJ Owies en Nicholaas Claasen se span Rhino’s het die eerste prys by die gholfdag gewen. Saam met hulle is die burgemeester Ray van Rooy (middel). Ronald Davies en Jan Skippers was afwesig.

Noluvu Ludidi

Die Bergrivier-munisipaliteit se jaarlikse burgemeestergholfdag het Vrydag 6 November weer by die Velddrif-gholfklub plaasgevind.

 Alle wins wat deur dié geldinsame­lings­inisiatief gegeneer is, is in die burgemeester se hulpfonds gesit en word weer in die gemeenskap van Bergrivier-munisipaliteit teruggeploeg.Volgens Ray van Rooy, burgemeester van Bergrivier-munisipaliteit, was die gholfdag ’n hoogtepunt en ’n dag waarna almal uitgesien het. 

“Ons is bevoorreg om toegewyde skenkers, ondersteunende plaaslike ondernemings en lojale gholfspelers te hê wat almal seker maak dat die dag altyd ’n sukses is.”Sover is vier tjeks van R5 000 aan Noordhoek Primêre Skool, Hoërskool Velddrif, Aan Oewer-dienssentrum en die Bergrivier-vereniging vir mense met gestremdhede geskenk.

 Die doel is om ander organisasies en mense in die gemeenskap ook te help. Van Rooy voeg by dat die Bergrivier-munisipaliteit volhoubare ontwik­kelings­doelwitte ondersteun sodat almal in die gemeenskap in vrede en voorspoed kan lewe. Van Rooy moedig mense aan wat finansiële skenkings wil maak om die burgemeester se kantoor by 022 913 6000 te skakel of hom direk op 083 657 9615 te bel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article