Shilton van Wyk werk met die rugbyspelers. Foto: CJ MB Photography


Die Blitsbok Shilton van Wyk het dit geen moeite geag nie om sy kosbare familietyd met ’n paar van die Hoërskool Diazville se rugbyspelers te deel. Hierdie jong begaafde speler het oombliklik ja gesê toe hy vroeër genader is om met die jong aspirant-Springbokke te kom hand bysit.

Met sy saggeaarde persoonlikheid het hy vinnig hierdie spelers se vertroue gewen. Die leerders het baie positief op sy demonstrasies gereageer. Hul jong rugbyloopbane het beslis ’n hupstoot gekry. Van Wyk is voorwaar met waardigheid hanteer. Die skool wil hom graag bedank vir die tyd, kennis en vaardigheid wat hy gedeel het.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article