Rook van die brand kon van ver gesien word.Foto: Madelie van Tonder


Dit blyk rook hang hierdie brandseisoen oor byna die hele provinsie in die lug, met brande oor die hele Wes-Kaap.

In Laaiplek het die plaaslike vullisterrein, oftewel die mopgat, soos inwoners daarna verwys, ook verlede week vlamgevat. Die oorsaak van die brand verlede Woensdag (17 Januarie) is nog nie bepaal nie, maar volgens die Bergrivier-munisipaliteit was dit droë groenafval wat tydens hierdie versengende hitte en droogte altyd ’n risiko inhou om aan die te brand te slaan.

By navraag het Hanlie Linde, die munisipale bestuurder, bevestig geen skade is deur verlede week se brand aangerig nie. Dit was slegs die afval wat vlamgevat het.

“Die brand is na bewering deur die vodde-rapers, wat ongemagtig op die terrein ronddwaal, veroorsaak. Bergrivier-munisipaliteit is deurgaans besig om die ongemagtigde betreding deur mense te bestuur, sonder veel sukses,” sê Linde.

Die munisipaliteit doen ’n beroep op die gemeenskap om waaksaam te wees en om enige ongemagtigde en verdagte aktiwiteit aan te meld.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article