Die Demokratiese Alliansie (DA) het pas aangekondig dat André Truter, die Uitvoerende Burgemeester van die Saldanhabaai-munisipaliteit (SBM), uittree.
Dié skok-aankondiging is deur Tertuis Simmers, die DA se Wes-Kaapse leier, in ‘n mediaverklaring gedoen.
Truter het Wyk 5 in Saldanhabaai in 2018 in ‘n tussenverkiesing gewen, waarna hy later as burgemeesters-komiteelid in die SBM gedien het. Hy is in 2021 tot burgemeester verkies.

Die DA het Truter in die verklaring bedank vir sy toewyding en werksetiek.
Volgens die verklaring bly Truter ‘n lojale DA-lid en beplan hy om die private sektor te betree.





You must be logged in to post a comment.