’n Bekende sanger in die Weskus en Kaapstad, Ivan van der Merwe (39), en sy pa, Leonardus Johannes van der Merwe (67), het hul eerste verskyning in die Vanrhynsdorp-landdroshof gemaak in verband met ’n aanklag van ernstige aanranding.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder van die Weskus-polisiedistrik, hou dit verband met die aanranding van Sune Huysamen (33), Van der Merwe se gewese lewensmaat, tydens ’n stryery op Vrydag 24 November verlede jaar.

Van der Merwe se pa word ook by die gebeure betrek en is daarom saam met sy seun in die beskuldigdebank.

Die Van der Merwes het Woensdag 24 Januarie in die landdroshof verskyn, en die saak is tot Woensdag 28 Februarie uitgestel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article