Die Ministerie van polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid het saam met die Weskus-distriksmunisipaliteit en plaaslike Weskus-munisipaliteite ’n samekoms oor distriksveiligheid in Vredendal gekoördineer.
Uitvoerende burgemeesters en senior munisipale amptenare van plaaslike munisipaliteite, die distriksmunisipaliteit en provinsiale regeringsamptenare het by Reagen Allen, die Wes-Kaapse minister van polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid, aangesluit om gemeenskapsveiligheid in die Weskus te bespreek, saam te werk en te verbeter.
Volgens Heinrich Robertson, kommunikasiebeampte van die distriksmunisipaliteit, is belangrike onderwerpe wat met gemeenskapsveiligheid en wetstoepassing verband hou, by die samekoms bespreek.
Dit het ten doel om samewerkende strategieë te implementeer om ’n veilige omgewing vir alle inwoners van die Weskus-distrik te bevorder.





