Salkoriane-atlete het onlangs (Saterdag 15 Maart) aan wedlope by die Longacres Country Estate Weskus-marathon deelgeneem.
‘n Hoogtepunt was die klub se nuwelinge se deelname aan hul eerste padwedloop, die 5-km-pretdraf.
Sakkie Mentoor, die voorsitter van die klub, sê die blootstelling in die padwedlope het hul selfvertroue ‘n hupstoot gegee – “veral omdat hulle die kronkel-roete met meer ervare atlete aangedurf het”, sê hy.
Ander lede van die klub het ook deelgeneem – aan die 10-km- en 21-km-wedlope.
Mentoor sê almal is baie trots op hul marathon-medaljes.


