“Die Vanderbijlpark- en Saldanha-aanleg word nié in dié stadium geraak nie.”

Só het Netwerk24 berig na ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) se aankondiging dat hy sy Vereeniging-aanleg kan sluit.

Kesebone Maema, Amsa se kommunikasiebestuurder, het in ’n verklaring gesê daar is nie planne vir herstrukturering by sy aanlegte in Saldanha, Vanderbijlpark en Newcastle nie.

As Amsa sy Vereeniging-aanleg, waar baie gespesialiseerde staalprodukte vervaardig word, sluit, sal meer as 1 000 mense werkloos wees.

Ysterertspryse het vanjaar tot minder as $60 per ton geval van ’n hoogtepunt van meer as $180 in 2011

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article