’n Man wat Ackermans in Saldanha glo beroof het, is danksy die oplettendheid en vinnige reaksie van die publiek vinnig deur die polisie opgespoor en vasgetrek.

Volgens AO Yolanda Kotze, ’n woordvoerder van die Saldanha-polisie, was ’n kassier op 12 Oktober om 13:10 besig om ’n klant met ’n transaksie te help toe ’n man die winkel binnekom. Hy het ’n mes uitgeruk en al die geld in die kasregister geëis.

Hy het die R480 wat in die kasregister was, geneem en na die uitgang gehardloop. Intussen het oplettende klante en personeellede gesien wat aan die gebeur is en blitsvinnig polisielede in die honde-eenheid se voertuig, wat toevallig daar verbygery het, se aandag gekry om die vlugtende rower te jaag.

Die man is gou gevang en in hegtenis geneem. Hy het op 14 Oktober in plaaslike landdroshof verskyn.

“Dit is net weer ’n voorbeeld van wat vermag kan word as die publiek paraat is, vinnig optree en hul deel doen om die polisie by te staan om van Saldanha ’n veiliger plek te maak,” het Kotze gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article