Dit was ’n besondere dag vir PJ Toilets se Flippie en sy vrou, Jill Snyman, op Saterdag 2 Desember by die Lagoon-rolbalklub in Langebaan.

Flippie se verjaardag was 2 Desember en Jill s’n twee dae later, op 4 Desember, dus het hulle en hul familie en vriende besluit om dit saam by Lagoon-rolbalklub te vier.

Elkeen wat die viering bygewoon het, het dit geniet. Benewens die verjaarsdagpartytjie is natuurlik ook rolbal gespeel.

Hulle het selfs ’n spinnekop-kompetisie gehou waarin spelers hul bal so na as moontlik aan die middel van die baan probeer rol.

Danksy sy goeie rol en akkurate oordeel was Niel Schoeman die wenner.

Daarna kon almal ’n lekker ete geniet wat ook op die program was.

Dit was gewis ’n besondere dag wat almal – ook almal van die rolbalklub wat gehelp het – baie geniet het.

’n Groot dankie van die rolbalklub aan PJ Toilets.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 April 2026
    Weslander E-Edition – 30 April 2026

Gift this article