Oudleerders van die Hoërskool Weston het besluit om hul alma mater met skenkings te seën. Die reüniegroep van die 1980’s het onder meer ’n mikrogolfoond en tuintoerusting aan die skool oorhandig. Cheryl Steyn, Tracey Meyer Constable en Vernon Vraagom was byderhand om die skenking aan Anwell Newman van die skool te oorhandig. Volgende jaar (22-24 September) word daar weer ’n reünie gehou en enige oud-Westoniete kan Julian Pieters by 073 290 7661 bel vir meer inligting.


Reüniegroep gee vir skool

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article