In verlede week se berig “Vredemakers is nie misdadigers”, wat Donderdag 16 Februarie gepubliseer is, is verwys na ’n strafregtelike klag wat teen ’n buurtwaglid van Vredenburg ondersoek word.
Die verkeerde Vredenburg-buurtwag se naam is in die berig genoem.
Die betrokke buurtwaglid behoort aan die Ou Dorp-buurtwag en nie die Esperia-buurtwag nie.

