Die Bergrivier is vanjaar die gasheer vir die provinsiale padfietskampioenskap hierdie naweek.Fietsryers van reg oor die Wes-Kaap word Saterdag en Sondag in Velddrif verwag.
Weskus-fietsry is die gasheer vir die geleentheid, wat ’n tydtoets en padwedren insluit. Die deelnemers sal hul nommers vir die renne Vrydag tussen 17:00 en 18:00 by die dorp se stadsaal kan afhaal.Fietsryers sal tussen Velddrif en Hopefield trap. Die eerste wedren is die 169-km-wedren wat om 06:50 begin.
Die daaropvolgende wedrenne is: 114 km, wat tussen 07:00 en 07:20 begin; die 87-km-ren om 07:30; die 57-km-ren wat tussen 07:45 en 08:00 begin; die 30-km-wedren wat om 08:10 begin; en die deelnemers wat om 08:15 aan die 20-km-wedren deelneem.
Die tyd-renbaan van 40 km volg ’n roete uit Velddrif na Piketberg en terug. Padaanwysers sal by die verskillende omdraaipunte opgerig word.Aanlyn inskrywings is steeds oop tot Woensdag 15:00.
Besoek https://www.wpcycling.com/event-calendar/ vir nog inligting.





