Die Laerskool Panorama in Vredenburg het die afgelope Saterdag (21 Maart) hul pretloop-dag gehad. Die dag was gevul met kleur, goeie energie en opgewondenheid. Die skool bedank die leerders en ouers vir hul wonderlike ondersteuning en entoesiastiese deelname deur die loop van die dag. “Dit was werklik hartverblydend om soveel leerders en gesinne te sien saamkom – vol energie, opgewondenheid en skoolgees. U betrokkenheid het nie net die dag ‘n groot sukses gemaak nie, maar ook gehelp om ons skoolgemeenskap te versterk. Ons is opreg dankbaar vir die tyd, moeite en ondersteuning wat u voortdurend toon,” het die skool bygevoeg. Links staan die leerders Eirah Neiholtz, Shikeena Adams, Elské Neiholt, Lekesh Luyt, Chloë Goliath , Amzi Abrahams, Miche Malgas en Rylan Farmer vol kleur.

Vol kleur in volkleur

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 April 2026
    Weslander E-Edition – 30 April 2026

Gift this article