Weskus Pool se senior A-span: Jacques Cronje, Ivan Wurz, Chris Snyman, Adriaan Engelbrecht en Gerrit Botha.


Die Weskus se beste senior potspel-spelers is vir die Suid-Afrikaanse kampioenskap, wat in September plaasvind, aangewys.

Weskus Pool het sy proewe vir die kompetisie op Sondag 30 Julie gehou.

Die twee spanne in die senior afdeling is by die geleentheid gekies en vandeesmaand die spelers wat in die ope-afdeling sal speel.

Die A-span wat by Phoenix in Vredenburg gekies is, is: Gerrit Botha, Jacques Cronje, Ivan Wurz, Chris Snyman, Adriaan Engelbrecht, Bennie van der Berg, Camel Jansen van Rensburg en Karel Thiart. Botha is die kaptein terwyl Van der Berg aan die stuur van sake sal wees. Van Rensburg en Thiart sal as skeidsregters optree.

Die B-span is Sydney Booth, (kaptein), Shaun Marais, Riaan Riddles, Johan Basson, Gerald McMaster en die bestuurder, Chris Viljoen, sowel as die skeidsregters André de Vos en Storm Oosthuizen.

Die spanne vir die ope-afdeling van die kompetisie is oor die naweek van 5 – 6 Augustus ook by Phoenix na afloop van die proewe gekies.

Spelers wat as lid van die A-span in die ope-afdeling deelneem, is Adriaan Engelbrecht, JC Pieterse, Marlon Mannel, Sean Yuill, André van Vuuren, Jonathan kriel, Dian Swart, Storm Oosthuizen, Arnold Olivier en Bennie van der Berg.

Engelbrecht is die kaptein, Van der Berg is die spanbestuurder en Booth en Payne is die skeidsregters.

Die B-span se spelers is Jaundré Rabie (kaptein), Madré Olivier, Terra Magevane, Delen Varatharanjalu, Morne Claasen, Inelda Heyns, Heinro Swiegers, Devon van Antwerpen en Tatulo Ntsenyebo, die spanbestuurder is Caitlin Jansen en die skeidsregters is Camel Janse van Rensburg en Karel Thiart.

Die kampioenskap word van 16 tot 23 September in Bellville aangebied.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article