Min kiesers verstaan werklik die invloed wat koalisies in plaaslike munisipale rade het.

Die oorgrote meerderheid trek ‘n kruisie agter ‘n party of ‘n kandidaat se naam uit vertroue, hoop en soms blinde lojaliteit.

Maar sedert koalisies in munisipale rade in 2000 toegelaat is, beteken ‘n stem nie altyd dat die gekose party of kandidaat die finale sê kry nie, aangesien koalisies besluitneming vertroebel en kiesers se voorkeur indirek beïnvloed.

In ‘n demokrasie is die mag veronderstel om by die kiesers te lê. Koalisies vertroebel egter die beginsel.

In ‘n onlangse persverklaring van die STOPP-party, word somme gemaak en die uiteinde van verskeie koalisie-besluite op die Weskus en sekere “Kingmaker”-partye, die PA, GOOD, die EFF, MK, die NCC en die VF as opposisie vir die DA uitgestippel.

Daar word ook bespiegel as GOOD by die DA aansluit, behou die DA sy mag, maar “as GOOD by die ANC bly” is daar ‘n kans op ‘n meerderheid saam met onder meer die VF en STOPP.

Dié moontlikhede saam met die onlangse skuiwe en oorlopery in die streek beteken egter vir gewone kiesers net een ding: Om op verkiesingsdag seker te maak dat jy jou kruisie agter ‘n party trek waarin jy nie net glo nie, maar ook op wie se koalisie-vennote jy kan staatmaak.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article