AO Yolanda Kotze van die Saldanha-polisie saam met van die kleinspan wat soos polisiebeamptes aangetrek het. Foto:


Vital Connection in Saldanha se dagsorg en graad R-klas het vandeesweek ’n beroepsdag gehou, waar die jongspan meer oor verskillende beroepe, waaronder die polisiediens, geleer het.

Die Saldanha-polisie het die dagsorg besoek om by die geleentheid met die kinders oor beroepe in die polisiediens te kom gesels.

Heelwat van die kleinspan het soos polisiemanne en -vroue aangetrek en was baie opgewonde om die ware Jakob by die nasorg te sien.

Volgens AO Yolanda Kotze, ’n plaaslike polisiewoordvoerder, fokus die polisie om ’n vertrouensverhouding met plaaslike kinders te ontwikkel sodat hulle nie ’n vrees vir die polisie sal hê nie en sodoende makliker sal uitreik as hulle onreg aangedoen word.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article