Sersant Felicity November, wat die afgelope 18 jaar by die Vredenburg-polisiekantoor as voorkomingsbeampte by gemeenskapsmisdaad gewerk het, verlaat haar pos môre (Vrydag 25 Februarie) nadat sy ’n ruilverplasing na ’n ander dorp in die Wes-Kaap gekry het.

November was veral bekend vir die bewusmaking en bekamping van gesinsgeweld en het selfs ’n hartroerende gedig oor die euwel van geslagsgegronde geweld geskryf.

“Sy gaan gewis ’n groot leemte laat. Ons wens haar alle voorspoed toe,” het kapt. Tania Helfrich, woordvoerder van Vredenburg-polisie, gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article