Franswa West, ‘n paramedikus wat in gevorderde lewensondersteuning spesialiseer, het die afgelope Vrydag (16 Januarie) skoolskoene aan skole oorhandig.
Altesaaam tien paar skoolskoene is aan Karitas Spesiale Skool in Vredenburg oorhandig en 20 paar aan Panorama Primêre Skool. Volgens West is hierdie inisiatief deel van sy gemeenskapsbetrokkenheid.
“Ek glo in die krag van gee en is dankbaar vir die geleentheid om ‘n posi- tiewe invloed te hê. Ek skenk hierdie skoene omdat ek glo elke kind verdien om met waardigheid en selfvertroue skool toe te gaan.”
West voeg by goeie skoene is ‘n basiese noodsaaklikheid vir elke leerder en sê hy is bly om ‘n klein verskil in die lewe van die kinders te kan maak.






