Alida Buckle
‘n Bekende gemeenskapsleier van ‘n dorp in die Weskus- gebied het die afgelope Maandag (26 Mei) in die Vredenburgse landdroshof verskyn op twee aanklagte van verkragting van ‘n minderjarige, aanranding met die doel om ernstig te beseer en beskadiging van eiendom.
Die saak word deur die
Vredenburg-kinderbeskermings- eenheid ondersoek.
Die veertigjarige man het na bewering die afgelope Vrydag (23 Mei) sy tienerdogter verkrag.
In die klagte word beweer die voorval het plaasgevind nadat die pa op pornografiese materiaal op die kind se foon afgekom het.
Die kind is na
bewering na ‘n strand naby die dorp geneem waar sy glo verkrag en gewurg is.
Die saak is uitgestel tot Maandag 2 Junie om die Vredenburg-kinder-
beskermingseenheid die geleentheid te gun om die saak verder te ondersoek en forensiese monsters vir toetse weg te stuur.
Hoewel die beskuldigde se naam en van aan Weslander bekend is, mag dit ingevolge wetgewing nie gepubliseer word nie aangesien dit die minderjarige sal identifiseer.



