Die kunstige werk van ‘n 14-jarige outistiese seun van Vredenburg is iets spesiaal om te aanskou.
Diego Lopez, ‘n leerder van Karitas Spesiale Skool in Vredenburg, het al van jongs af ‘n talent vir kuns – ‘n talent wat sy ma, Lorraine Lopez, vroeg raakgesien het.
Lorraine sê hoewel haar seun outisties is, was hy nog altyd baie goed met sy hande en kan enigiets uit so te sê niks nie maak – of dit nou stukkende blokkies of stukkies papier is, Diego druk sy kunstige stempel daarop af.
“Hy is ook baie lief vir skoonmaak en uithelp in die huis. Dit is ‘n riem onder die hart. Ek is baie trots op hom en dit maak my bly om sy kunswerke te sien.”




