GRABOUW – Buitelug-entoesiaste en gesinne kan uitsien na die Outdoor Adventure Expo Grabouw 2026 by die skilderagtige Elgin Grabouw-sportklub.
Besoekers sal die geleentheid kry om die nuutste buitelewetoerusting te ontdek, toonaangewende handelsmerke te vergelyk en reisbestemmings te verken.
Die geleentheid bied ook kos en vermaak vir die hele gesin.

Rugby word Saterdag in die biertuin vertoon, sodat ondersteuners die wedstryde in ’n ontspanne atmosfeer kan geniet.
Kinders onder sewe jaar en honde aan leibande kry gratis toegang.
Besoekers word aangeraai om hul kaartjies vooraf aanlyn te koop om lang rye by die ingang te vermy.
Kaartjies is beskikbaar by www.quicket.co.za.
LEES OOK: Buitelug ekspo bring avontuur.






You must be logged in to post a comment.