Pomario Privaatskool het Vrydag 22 Julie sy tiende verjaardag gevier. Die dag se vieringe het ook die skool se derde verjaardag in sy nuwe skoolgebou gedenk. Teresa Smit, ’n vorige skoolhoof, het ’n pragtige boom aan die skool geskenk en dit op dié spesiale geleentheid kom plant. Die skool het met ’n muntlegging ’n goeie bedrag in munte en selfs note bymekaarmaak en dit aan Ubuntu-crèche geskenk. Die skool is so dankbaar vir sy pragtige skoolgebou, wat deurlopend net nog beter, groter en mooier gemaak word. “Ons sou dit nie sonder u, die gemeenskap, se ondersteuning kon doen nie,” het die skool in ’n boodskap gesê. Links staan Smit by Johann Jordaan, die huidige skoolhoof.


Oudhoof skenk, plant boom

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article